U is getrou!
Mei 26, 2008 at 4:13 nm | In Faith | Leave a CommentTags: Faith, geloof
O Here U is so getrou.. Van die dag van my geboorte kyk U na my.
Alles wat ek het, het ek van U ontvang, en dit is ontelbaar!
Ek sien, hoor, Kan dink en redeneer, gesels en lag.
En as daar ‘n traan is, is U daar om te troos.
Here, U is my lewe, U sorg vir my. U het die aarde gemaak en alles daarop en,
‘n Pragtige deel is vir my afgemeet. Dankie Vader.
Elke dag is vol van U Genade; en dit is alles onverdiend.
Bly by my o Heer – nou en altyd. Amen.
“Ken die Here in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat wandel -…” (Spr. 3:6)
Blog at WordPress.com. | Theme: Pool by Borja Fernandez.
Entries and comments feeds.
