Alles kan verander…. Vir Elf
Maart 9, 2009 at 7:14 nm | In Faith | 4 CommentsTags: Faith, geloof
Alles kan in ‘n oogwenk verander.
Want God werk op vreemde wyses.
Sy weë is nie ons weë nie.
Sy gedagtes is nie ons gedagtes nie.
Sy tyd is nie ons tyd nie.
Daarom moet jy:
Diep dink
Saggies praat
Baie liefhê
Vriendelik wees
Gereeld lag
Blymoedig gee
Opreg bid
Hard werk
Voluit lewe.
Want elkeen wat goed lewe,
Lewe lank want ons lewenstyd word nie bereken
In jare, dae of ure nie……….
Onthou veral:
Vreugde sterf as jy dit nie vertroetel nie.
Daarom is dit nou tyd dat ons …
Met sagte hande aan mekaar begin vat
Met sagte oë na mekaar begin kyk
Met sagte tonge met mekaar praat en
‘n daaglikse dosis lag inkry …
Skrywer onbekend
Blog at WordPress.com. | Theme: Pool by Borja Fernandez.
Entries and comments feeds.
