Alles kan verander…. Vir Elf
Maart 9, 2009 at 7:14 nm | In Faith | 4 CommentsTags: Faith, geloof
Alles kan in ‘n oogwenk verander.
Want God werk op vreemde wyses.
Sy weë is nie ons weë nie.
Sy gedagtes is nie ons gedagtes nie.
Sy tyd is nie ons tyd nie.
Daarom moet jy:
Diep dink
Saggies praat
Baie liefhê
Vriendelik wees
Gereeld lag
Blymoedig gee
Opreg bid
Hard werk
Voluit lewe.
Want elkeen wat goed lewe,
Lewe lank want ons lewenstyd word nie bereken
In jare, dae of ure nie……….
Onthou veral:
Vreugde sterf as jy dit nie vertroetel nie.
Daarom is dit nou tyd dat ons …
Met sagte hande aan mekaar begin vat
Met sagte oë na mekaar begin kyk
Met sagte tonge met mekaar praat en
‘n daaglikse dosis lag inkry …
Skrywer onbekend
4 Kommentaar »
RSS skakeling vir menings op die blad. TrackBack URI
Lewer kommentaar
Blog at WordPress.com. | Theme: Pool by Borja Fernandez.
Entries and comments feeds.

‘When it hurts to look back, and you’re scared to look ahead, you can look beside you, and your best friend will be there.’ – Author Unknown
Zee hoe se ek dankie hiervoor, en weet dat jy verstaan hoe eerlik en opreg ek dit bedoel? Jy het my meer gegee as n post. Ek voel jou vlerke snoesig sag om my vanaand en ek draai myself daarin toe want ek weet elkeen van daardie vere is deur Hom daar gesit met n doel.
Hoe kan enige geld iets so kosbaar soos hierdie koop? Ek voel klein, nederig dankbaar en net flippen wow dankie Jesus vir so iemand in my lewe.
Baie liefde en respek, altyd. Elf xx
Comment deur ELF — Maart 9, 2009 #
((((((((((((((((((((((Elf))))))))))))))))))
Comment deur Pikkie — Maart 10, 2009 #
Dis SOOO mooi, Zee. Dankie.
(((Elfie)))
Comment deur sonkind — Maart 10, 2009 #
The will of God will never take you where the Grace of God will not protect you!
Comment deur Zee — Maart 10, 2009 #