Swem in genade

Januarie 25, 2009 om 10:25 vm | Posted in Faith | Lewer kommentaar
Sleutelwoordw: ,

Die klein vissie swem, duidelik gestres, op en af in die middel van die oseaan. Hy swem by die groot vis verby, en die ou kan sommer dadelik sien daar is fout.

Hy roep die klein vissie terug en vra hom waarna hy so ernstig opsoek is. Die vissie sê toe dat hy dringend opsoek is na water, want hy het iemand hoor sê dat ‘n vis doodgaan sonder water.

Die groot vis, duidelik al ‘n “old campaigner”, antwoord: “Maar Vissie, jy Swem nog jou hele lewe lank in die water…..!”

Wat ‘n openbaring vir die klein vissie! Hy kon nie gou genoeg terug swem na sy vriende toe om vir hulle die goeie nuus te gaan vertel nie!

As ons maar elke dag kan besef ons swem in die seën van God, swem in voorspoed, swem in geluk en blydskap en swem in die liefde van ons almagtige Vader!

Dit is somtyds net nodig dat ons stop en dit raaksien! Somtyds is dit selfs nodig dat ons so ‘n tydjie afknyp om God te bedank daarvoor.

Ek het vandag ‘n werk, kos, klere, gesondheid, ‘n huis, ‘n motor, familie, vriende en ervaar liefde. Ja ek LEWE in GENADE.

Ek DANK U, My Vader Heer vir alles waarmee U my so ryklik geseën het.

Skrywer onbekend

Advertisements

Create a free website or blog at WordPress.com.
Entries en Kommentare feeds.