Suiwer vreugde….

Maart 19, 2009 om 12:45 nm | Posted in Faith | 1 Kommentaar
Sleutelwoordw: , ,

Ek lees gereeld Radio Kansel se dagstukkies. Vandag het ek geleer wat genade eintlik beteken.

Efesiërs 3:8, NAV, 3/19/2009

Dis genade!

Die woord ‘genade’ is so belangrik dat Paulus dit drie keer meer noem as ander skrywers. Gedagtig aan die geweldadige lewe wat hy gelei het: “Hoewel ek die geringste van die gelowiges is, het Hy aan my hierdie voorreg gegee om aan die heidennasies die evangelie van die onpeilbare rykdom van Christus te verkondig.” Die woord ‘genade’ kom van die Griekse woord charis, wat ‘suiwer vreugde’ beteken. Alhoewel jy dit nie verdien nie, het God aan jou ‘suiwer vreugde’ gegee. Wat ‘n voorreg!

In Johannes 8 word ‘n vrou op heter daad betrap terwyl sy owerspel pleeg.  Die wet is baie duidelik oor haar straf.  Die Fariseërs is greeed om haar te stening.  Sy weet dat Jesus, wat regverdig is, moet saamstem.  Sy het nie ‘n prokureur om haar te verdedig nie, nie eers ‘n karaktergetuie nie!  Jesus buk skielik af en begin in die grond skryf.  Sommige geleerdes het gereken dat Hy moontlik hulle sondes se tyd, plek, ensovoorts neerskryf.  Toe Hy opkyk, is die wat haar beskuldig het weg.  Hy sê: “Ek [oordeel jou] ook nie.  Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie, “(Joh. 8:11, NAV).  Jesus het haar uit die posisie van erkende skuld tot een van onvoorwaardelike vergewing gebring.  Sy het dit nie verdien nie, en het nie geweet dit is moontlik nie.  En dis met jou ook so, nie waar nie?

Een dag het Abraham Lincoln gesien hoe ‘n plantasie-eienaar op ‘n slawemeisie bie.  Odat hy gedink het die plantasie-eienaar gaanhaar koop en dan misbruik, het Lincoln die prys betaal om haar te bevry.  “Beteken dit ek kan sê wat ek wil?” het sy gevra.  Lincoln het net geantwoord: “Ja.”  Weer vra sy: “Beteken dit ek kan gaan waar ek wil?”  Weer het Lincoln gesê: “Ja, jy is vry!”  Met trane wat teen haar wange afloop het sy geantwoord: “Dan gaan ek saam met jou, meneer.”  Dit is genade!

Advertisements

Alles kan verander…. Vir Elf

Maart 9, 2009 om 7:14 nm | Posted in Faith | 4 Kommentaar
Sleutelwoordw: ,

Elf……

Alles kan in ‘n oogwenk verander.

Want God werk op vreemde wyses.

Sy weë is nie ons weë nie.

Sy gedagtes is nie ons gedagtes nie.

Sy tyd is nie ons tyd nie.

Daarom moet jy:

Diep dink

Saggies praat

Baie liefhê

Vriendelik wees

Gereeld lag

Blymoedig gee

Opreg bid

Hard werk

Voluit lewe.

Want elkeen wat goed lewe,

Lewe lank want ons lewenstyd word nie bereken

In jare, dae of ure nie……….

Onthou veral:

Vreugde sterf as jy dit nie vertroetel nie.

Daarom is dit nou tyd dat ons …

Met sagte hande aan mekaar begin vat

Met sagte oë na mekaar begin kyk

Met sagte tonge met mekaar praat en

‘n daaglikse dosis lag inkry …

Skrywer onbekend

Blog at WordPress.com.
Entries en Kommentare feeds.